22 februari 2009
GENADE VAN DIE LIEFDE (CHRIS CHAMELEON)
LitNet's Mission Statement
| ||
Etienne van Heerden | Ronel Terblanche | |
Sharon Jenkings (née Meyering) | Naomi Bruwer | |
Madri Victor | Chris Brunette | |
Zani Botes | Erns Grundling |
Wie iets meer te weten wil komen over hedendaagse Zuid-Afrikaanse cultuur en over Afrikaans, in het Afrikaans, kan best HIER terecht.
ELKEEN SING SY EIE LIED...
sy eie lied:
hadida
en kokkewiet.
Of die fraai
of goor of gek is,
jy moet sing
soos jy gebek is.
KOM ONS PRAAT WEER AFRIKAANS
Kom ons praat weer Afrikaans!
Kom ons gee die tong van ons
'n kans
om weer te dans,
loshande te hang
oor die krans.
Kom ons laat die woorde klank,
woorde vir so lank
afgemaak as mank
Let tog wel
dat ek niemand wil vertel
van hoe die taal
'n genade dood moet sterf,
sal sterf
wil sterf.
Wragtig nee!
Daar was onreg in die naam van hierdie taal gepleeg
ons kan dit nie onder die mat inveeg
Ek staan op geen verhoog
om te betoog
dat ek met elke dialoog
net wil sien met 'n een-taal-oog!
Maar om hierdie taal te weeg
teenoor die onregte gepleeg
maak nie sin
want net sekeres het die taal gebruik
vir eie gewin.
Ander het die taal met moedersmelk ingekry,
het selfs hulle bevrydingstryd in hierdie taal gestry!
Ons kan dit nie vermy,
Afrikaans sal in ons gene bly!
Kom ons praat weer Afrikaans,
laat ons kinders dans,
loshande hang oor die krans
met onverbeterlike balans.
Kom ons vat die kans.
Kom ons praat weer Afrikaans!
16 februari 2009
DE KUNST VAN HET VINDEN: GEVONDEN FOTOGRAFIE (Bilder von der Strasse). DIE KUNST: EIN MÄDCHEN VON DER STRASSE?
Wat vindt U ervan?
U kan alvast enige inspiratie opdoen bij:
1. Joachim Schmid, vinder van foto's.
2. Erik Kessels, vinder van kunst, en Martin Parr, alles-vinder.
HEUREKA!
IT'S ONLY A MATTER OF FINDING...
TROUVER
GEVONDEN!
GEFUNDEN!
2 februari 2009
DIE ONSE VADER IN DIE AFRIKAANS
Die Onse Vader (Our Father - The Lord's prayer)
Ons Vader wat in die hemel is,
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
laat u wil ook op die aarde geskied,
net soos in die hemel.
Gee ons vandag
ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons oortredings
soos ons ook dié vergewe
wat teen ons oortree;
en laat ons nie in versoeking kom nie
maar verlos ons van die Bose.
(Matteus 6:9-13. Die Bybel - Nuwe Vertaling, 1983)
ES DAT NIE SKOON NIE ?