WELKOM / BIENVENIDO


MAG IK ME VOORSTELLEN MET EEN LIEDJE?

¿PERMITE QUE ME PRESENTE CON UNA CANCIÓN?


MI CANCIÓN MUY PREFERIDA:

CUCURRUCUCÚ PALOMA



CUCURRUCUCÚ PALOMA, NO LLORES

(LIEF DUIFJE MIJN, WAAROM AL DIE TRAANTJES DIJN?)

Dicen que por las noches
no más se le iba en puro llorar;
dicen que no comía,
no más se le iba en puro tomar.
Juran que el mismo cielo
se estremecía al oír su llanto,
cómo sufrió por ella,
y hasta en su muerte la fue llamando:
Ay, ay, ay, ay, ay cantaba,
ay, ay, ay, ay, ay gemía,
Ay, ay, ay, ay, ay cantaba,
de pasión mortal moría.
Que una paloma triste
muy de mañana le va a cantar
a la casita sola con sus puertitas de par en par;
juran que esa paloma
no es otra cosa más que su alma,
que todavía espera a que regrese
la desdichada.
Cucurrucucú paloma,
cucurrucucú no llores.
Las piedras jamás, paloma,
¿qué van a saber de amores?
Cucurrucucú, cucurrucucú, cucurrucucú,
cucurrucucú, cucurrucucú,
paloma, ya no le llore
EIGEN VERTALING EN NADERE INFO OVER DIT LIEDJE:


23 oktober 2012

DE TOEKOMST VAN HET NEDERLANDS IN HET AFRIKAANS / DIE TOEKOMS VAN DIE NEDERLANDS-VLAAMS IN AFRIKAANS



Afrikaanse Taalbeweging



vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.


Spring na: navigasie, soek

Die Afrikaanse Beweging of die Afrikaanse Taalbeweging kan gesien word as die beweging wat hom beywer het vir die Afrikaanse kultuurtaal.

Inhoud

[versteek]

Eerste Taalbeweging [wysig]

Die Afrikaanse Taalbeweging kan in twee fases verdeel word. Die eerste fase is die periode tussen 1875 en 1899 en staan bekend as die eerste taalbeweging. Die eerste taalbeweging neem 'n aanvang met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners of GRA onder leiding van S.J. du Toit. Byna al die stigterslede van die GRA was ook lede van een familie. Die eerste taalbeweging word gekenmerk deur 'n groot versigtigheid. Die stigterslede het in die geheim vergader en hulle het onder skuilname geskryf. Die rede hiervoor was dat hulle idee van 'n Afrikaanse skryftaal as 'absurd' beskou was deur die algemene publiek van destyds. Een van die stigterslede, D.F. du Toit (Oom Lokomotief) sou via sy blad Di Patriot, voorspraak gemaak het vir Afrikaans as skryftaal. Oom Lokomotief het egter herhaaldelik verklaar dat sy beweging nie teen Nederlands gekant was nie. Die uitgewery van die Genootskap van Regte Afrikaners, naamlik D.F. du Toit & Co., het tydens sy bestaan meer Nederlandse boeke gedruk as Afrikaanse boeke, naamlik 93,650 Nederlandse teenoor 81,000 Afrikaanse boeke.[1]
Die doel van die Eerste Taalbeweging was om die Afrikaners daarvan bewus te maak dat Afrikaans hulle taal is. Dit het al vrae opgeroep. Waarom moes die Afrikaners 'bewus' gemaak word daarvan dat hulle 'n eie taal praat? Het hulle dit dan nie geweet nie? Waarom nie?

Tweede Taalbeweging [wysig]

Die tweede taalbeweging neem 'n aanvang met die artikels van Gustav Preller wat in de Volkstem van 19 April tot 14 Junie 1905 gepubliseer is onder die opskrif "Laat 't ons toch ernst wezen", en ook die stigting van die Afrikaanse Taalgenootskap op 13 Desember 1905 in Pretoria. Die Afrikaanse beweging is verder versterk deur die stigting van die Afrikaanse Taalvereniging op 3 November 1906 onder leiding van D.F. Malan en later J.H.H. de Waal in Kaapstad.
Die Afrikaanse Taalgenootskap van Preller se leuse was: "Afrikaans schrijven en spreken, Hollands leren, albei lezen"[2] Die leuse van die Afrikaanse Taalvereniging was: leer Nederlands, [spreek en]schrijf Nederlands als ge kunt en wilt, maar als ge niet kunt of wilt, [spreek en]schrijf dan niet Engels, maar Afrikaans".[3]

Motief [wysig]

Die Afrikaanse Taalbeweging was aanvanklik nie gekant teen Nederlands as kultuurtaal nie. Hierdie beweging was aanvanklik ook nie van plan om Nederlands met Afrikaans te vervang nie. Die bedoeling was om Afrikaans naas Nederlands in Suid-Afrika te handhaaf om op hierdie manier beter in staat te wees om die verengelsing van die Afrikaners teë te hou. Met die erkenning van Afrikaans op 8 Mei 1925 was die bedoeling ook nie dat Afrikaans Nederlands moes vervang nie. Wet 9 van 1925 het bepaal dat Afrikaans aan Nederlands gelykgestel is. Wet 9 van 1925 het juis die sinonimiteit van Afrikaans en Nederlands onderskryf.
In die praktyk het dit anders verloop. Die Afrikaanse Taalbeweging het 'n "taalstryd" geword en die stryd was gevoer teen die Nederlandse Taalbeweging. Nederlands is op alle moontlike terreine beveg en doodgedruk. Die taal moes die land uitgeboender word omdat dit beter sou wees vir die vorming van 'n eie Afrikaner-identiteit.
Die Afrikaanse Taalbeweging het uiteindelik afgestuur op 'n taalskeiding met Nederlands. Talle argumente is na vore gebring om aan te dui dat Nederlands nie ook die kultuurtaal van die Afrikaner kan wees nie. Daar is veral op gewys dat Nederlands te 'moeilik' vir die Afrikaners was. Die Nederlandse Taalbeweging het daarop gedui dat Nederlands vir die Vlaminge (verduideliking hier onder) nie 'moeilik' is nie. Die Afrikaanse Taalbeweging het aangedui dat daar baie 'groot' verskille bestaan tussen Afrikaans en Nederlands en ook 'groot' kultuurverskille tussen die twee groepe. Die Nederlandse Taalbeweging het egter aangedui dat dieselfde taal- en kulturele verskille ook bestaan tussen Engelssprekende lande onderling. Ook in Spaans-, Frans-, en Portugessprekende lande het onderling 'groot' taal- en kulturele verskille bestaan.
Opvallend van die Afrikaanse Taalbeweging was die versmelting tussen Afrikaans en nasionalisme. Die Beweging was van mening dat die 'vuur van nasionalisme' hoër sou brand met Afrikaans as kultuurtaal vir die Afrikaners. Hierdie beweging was van mening dat elke 'selfrespekterende volk' ook 'n eie kultuurtaal moes hê;[4] of dat 'n 'volk' wat die naam 'volk' waardig is oor 'n eie inheemse kultuurtaal moes beskik, wat die oorsprong van die taal ook is.[5] Die Nederlandse Taalbeweging het egter daarop gewys dat ook die Oostenrykers, Switsers, Skotte en Amerikaners aparte volkere is, maar kultuurtale met ander volkere deel.
Kenmerkend van die Afrikaanse Taalbeweging is dat die meeste van sy ondersteuners laaggeskoolde plattelanders was. Hierdie groep het hoë waarde geheg aan die "taal as simbool", saam met die vlag en volkslied. Die waarde van die "taal as instrument" of die gebruikswaarde van die taal, (aantal boeke, tydskrifte, koerante, musiek, ens.) was as minder belangrik beskou. Vir die Nederlandse Taalbeweging was die waarde van die "taal as instrument" van besondere waarde.

Verwysings [wysig]

  1. ^ J.C. Steyn: Tuiste in eie taal, die behoud en bestaan van Afrikaans, bl 139.
  2. ^ A. de Villiers: Die Hollandse Taalbeweging in Suid-Afrika: Nasionale Pers, 1936, bl. 179.
  3. ^ J.du P. Scholtz: Wording en ontwikkeling van Afrikaans. Kaapstad. Tafelberguitgewers, 1980, bl. 18.
  4. ^ J.J. Smith: "België en Suid-Afrika". Ons Moedertaal, deel 1(2), 25-27. 1914, bl. 27.
  5. ^ H.J.J.M. van der Merwe: Afrikaans; sy aard en Ontwikkeling. Pretoria: J.L. van Schaik. 1968. bl. 240

VLAMINGE / DIE VLAAMSE LEEU



vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.


Spring na: navigasie, soek

Vlaminge
Flag of Flanders.svg
Totale bevolking:9 miljoen (skatting)
Belangrike bevolkings in:België:
6 100 000Verenigde State:
1 000 000
Frankryk:
780 000 - 1 300 000
Kanada:
116 000
Nederland:
101 000
Suid-Afrika:
55 200
Australië:
15 130
Taal:Nederlands, Frans (minderheid)
Geloofsoortuiging:Oorwegend Rooms-Katolieke of ongebonde; ander
Verwante etniese groepe:Nederlanders, Afrikaners en ander Germaanse volke

Vlaandere
Die term Vlaminge word tans hoofsaaklik gebruik om na die inheemse bevolking van Vlaandere (die noordelike helfte van België, wat in historiese opsig deel uitgemaak het van die Suidelike Nederlande) te verwys. Die ses miljoen Vlaminge verteenwoordig die meerderheid van die Belgiese bevolking (die ander twee belangrike groepe is die Wale met sowat 4 miljoen mense en die Duitse gemeenskap met 73 000 inwoners).
Naas die bewoners van die Belgiese gewes Vlaandere sluit die term ook etniese Vlaminge in Frans-Vlaandere (veral in die huidige Franse département Nord), die suidelike deel van die Nederlandse provinsie Zeeland (Zeeuws-Vlaanderen) en ander Vlaamse gemeenskappe dwarsoor die wêreld in.
Frans-Vlaandere en Zeeuws-Vlaanderen het vroeër deel uitgemaak van die graafskap Vlaandere, wat sy naam aan die hele gewes verleen het, alhoewel 'n groot deel van die Belgiese Vlaandere tot ander gebiede soos die Vorstedom Brabant behoort het.
Die Vlaminge word soms as 'n deel van die Nederlandse volk of nou verwante etniese groep beskou.

Inhoud

[versteek]

Kultuur en identiteit [wysig]

Taalstryd [wysig]

Na gelang van die historiese taalwetenskap word daar aangeneem dat die Vlaminge hoofsaaklik afstammelinge van die Germaanse stamme is, wat die noorde van Gallië met sy oorspronklike gemengde Kelties-Germaanse bevolking binnegeval het. Die Vlaamse kultuur word hoofsaaklik bepaal deur sy Wes-Germaanse taal, Nederlands, wat dit ook duidelik onderskei van die Franstalige bevolking van België.
Nog tot by die sestigerjare van die 20ste eeu is die meeste Belgiese instellings oorheers deur die Franstalige minderheid. Die Wale, België se inheemse Franstalige bevolking, en baie Vlaminge, wat Frans as hulle huistaal aanvaar het, het die gebruik van Frans op baie terreine van die openbare lewe afgedwing.
Alhoewel Vlaandere nou 'n eentalige gewes vorm, is daar nog steeds 'n weersin teen die oorblyfsels van die voormalige ongelykhede: Die Wale maak nog steeds aanspraak op die helfte van die kabinetsposte in die nasionale regering, daar word veral in die oorwegend Franstalige hoofstad Brussel dikwels teen Nederlandstaliges gediskrimineer, en Wallonië word weens sy verswakte ekonomiese posisie in feite deur die welvarende Vlaandere gesubsidieer.

Taal [wysig]

Die amptelike taal van Vlaandere is Nederlands, wat op nasionale vlak dieselfde erkenning geniet as Frans en - in 'n beperkte mate - ook Duits. Daar is 'n groot verskeidenheid plaaslike Nederlandse dialekte, net soos in Nederland, en sommige word oorkant die grens in albei lande gebesig.
Die dialekte het vroeër 'n belangrike rol gespeel, maar danksy die invloed van die radio, televisie en 'n groter mobiliteit het hulle gebruik duidelik afgeneem ten gunste van die Nederlandse standaardtaal. Terwyl die ou plaaslike dialekte geleidelik begin verdwyn, het daar nuwe organgsdialekte ontstaan, wat elemente van die standaardtaal en "gesuiwerde" dialek met mekaar versmelt. Hierdie omgangstaal word dikwels "tussentaal" of "Verkavelingsvlaams" genoem - 'n taal wat in die voorstede begin vorm het, waar mense uit die verskillende dialekgebiede hulle gevestig het.
Die plaaslike Nederlandse dialek van Brussel toon sterk Franse invloede ten opsigte van sy uitspraak en woordeskat. In Frans-Vlaandere kan net 'n minderheid van sowat 150 000 mense Nederlands of die plaaslike Vlaamse dialek praat of verstaan.

Godsdiens [wysig]

Sowat driekwart van die Vlaminge is Rooms-Katolieke, alhoewel die meerderheid hulle geloof nie meer praktiseer nie. Die res is ongebonde, met klein minderhede van Vlaamse Protestante. Die etniese minderhede van buitelandse afkoms is Ortodokse, Jode, Islamiete en ander.

Simbole [wysig]

Flag of the Flemish Region
Flag of the Flemish Movement
Die amptelike vlag van Vlaandere wys 'n wit omlynde swart leeu met rooi kloue en tong. Daar is 'n vlag met 'n volledig swart leeu, wat geen amptelike erkenning geniet nie, maar gewild is by Vlaamse nasionaliste.

Oorsprong van die Vlaamse Leeu [wysig]

Die leuse Vlaenderen die Leu ("Vlaandere, die Leeu") is vermoedelik in die Gouesporeslag op 11 Julie 1302 op die wapens van Pieter de Coninck gebruik. Sowat driehonderd adellikes, wat in die Franse rye geveg het, het hierdie slagkreet geskree toe hulle besef het dat die slag verlore was.
Louis van Velthem verwys in die Spiegel Historiael na 'n lied, wat die slag van Blangys-Guinegatte van Augustus 1472 beskryf en ook gebruik maak van die leeu-motief.
Die skrywer Hendrik Conscience het die leuse later in sy Leeu van Vlaandere gebruik.

Die Vlaamse diaspora [wysig]

Die Vlaamse diaspora bestaan uit Vlaamse emigrante en hulle nakomelinge in lande soos Frankryk, die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk, Kanada, Indonesië, Australië, Suid-Afrika en Latyns-Amerika.
Tydens die 15de, 16de en 17de eeu het die gebied van die huidige Vlaandere weliswaar 'n ekonomiese en kulturele bloeitydperk beleef. Nogtans was baie kunstenaars en ambagsmanne as gevolg van die politieke situasie gedwing om 'n nuwe heenkome as vlugtelinge in Suid-Europa te vind. Vlaamse setlaars het in hierdie tydperk die eerste drukperse in Spanje in Portugal ingevoer. Vlaminge het ook 'n opvallende bydrae tot die kolonisasie van die Asore-eilande gelewer, wat estyds selfs as die "Vlaamse Eilande" bekend gestaan het.
In die tydperk van die ontdekkingsreise het Vlaamse sendelinge soos Pieter van Gent in Meksiko, Joos de Rijcke in Ecuador, Ferdinand Verbiest in Sjina, Constant Lievens in Indië, Pieter-Jan De Smet in die Verenigde State en Jozef de Veuster in Molokai 'n uitmuntende reputasie in verskillende oorsese lande verwerf, wat tot vandag bewaar is.
As gevolg van die vinnige bevolkingsgroei en die gebrek aan werksgeleenthede het talle Vlaminge tot by die Eerste Wêreldoorlog geëmigreer. Naas die laer klasse moes ook baie welgestelde burgers 'n heenkome in oorsese gebiede vind. Baie van hulle het 'n belangrike bydrae gelewer tot die opleiding van onderwysers, ingenieurs en landboudeskundiges. Louis Cruis was byvoorbeeld 'n Vlaamse ingenieur, wat ekspedisies gelei en die landsgrense van Brasilië en die stadsgrense van die hoofstad Brasilia afgebaken het.
Sowat 400 000 Vlaminge het hulle in Frankryk gevestig, die hoofbestemming van Vlaamse emigrante. Hulle het dikwels 'n nuwe begin gemaak in arm dorpe, waar hulle nuwe asem in die landbou ingeblaas het. Tans is daar na ramings sowat 1 250 000 mense met Vlaamse vanne in Frankryk. Die départements Nord en Pas-de-Calais het egter deel uitgemaak van die historiese Vlaandere, voordat Frankryk die gebied in 1656 geannekseer het.
Sowat een miljoen mense in die huidige Verenigde State en Kanada het Vlaamse wortels. Die koerant Detroit Gazette in Detroit (VSA) word byvoorbeeld nog steeds deur Vlaminge uitgegee.

Geen opmerkingen: